BOTTOMLESS

BOTTOMLESS YOUTH

Gemeente Sonder Grense se jeug groep word Bottomless genoem.

Hoekom? Kom ons verduidelik...
Psalm 136 was ons inspirasie. In hierdie Psalm word daar geskryf dat God se liefdevolle goedheid verewig duur.
GSG gebruik ook koffie as 'n simbool vir waarin ons glo as 'n kerk. Ons het die koffie tema deur getrek na ons jeug toe.
Dus die ontstaan van die Bottomless naam.

Ons glo dat God se liefde en goedheid nooit ophou nie, en aanhou vloei soos bottomless koffie.
Die jeug groep skep 'n omgewing waar jongmense kan sosialiseer (en koffie drink) in die teenwoordigheid van God, en in die proses meer in aanraking kom met Hom.
Ons bou vrienskappe wat gegrond word in ons God, en wat is beter as dit?

Ons kom bymekaar op Vrydae aande.
Hou ons Instagram en Facebook dop vir temas en tye wat aangekondig word.

Ons nooi elke jongmens uit (van hoërskool lede tot enige jong van gees adult) om ons te kom join.
Kontak ons gerus as jy belangstel of om op ons whatsapp groep geplaas wil word.

Ons sien uit om jou te ontmoet en saam FUN te hê in die teenwoordigheid van God.