BARMHARTIGHEID

Leier: Melissa Barnard

Epos: barnardmelissa850@gmail.com

Lede:

Anschke van der Watt

Karen Grové

Barmhartigheid is grootliks die omgee en fisiese versorging van mense in nood, beide in en buite die Gemeente.

Die Gemeente raak graag betrokke by uitreikprojekte en daarvoor het ons mense in die Gemeente nodig wat ‘n hart het vir mense in nood en bereid is om sulke mense te help.

Hierdie werk strek van die verligting van armoede, die voorsiening van voedsel, hulpverlening aan mense met afhanklikheidsprobleme, werkloosheid, fondsinsamelings vir organisasies of projekte, die bestuur van uitreikprojekte en -geleenthede na individue en gemeenskappe buite die Gemeente maar ook die versorging en hulp aan lidmate met soortgelyke uitdagings