WAT MAAK ONS ANDERS?

Ons is, post-denominasioneel, ons is informeel, eietyds en onafhanklik, tog geheel en al afhanklik van God se genade.

GSG is ‘n plaaslike Gemeente… 

  • wat deel is van die Algemene Christelike Kerk, die Liggaam van Christus,
  • wat begeer dat God onbegrensde beheer in elkeen van ons se lewens moet hê en Hom nie wil beperk in die wyse waarop Hy besluit om in en deur ons te werk nie.

GSG wil nie beperk word deur taal, kultuur, politiek of ras nie, God self stel sy perke deur sy Woord.

Daarmee ontken ons nie dat ons ‘n eie taal en kultuur het nie.

Ons bedien hoofsaaklik in Afrikaans aan Suid-Afrikaners en beskou onsself as “Boere” – daarom drink ons “Boeretroos”.

Die Leierskap van GSG bestaan uit eenvoudige strukture wat dit moontlik maak om vinnig besluite te neem en effektief aan te pas by ‘n snel bewegende wêreld.

Gemeente Sonder Grense is ‘n regspersoon, omskryf in ons konstitusie as ‘n nie-winsgewende, Vrywillige Assosiasie.