BEMARKING

Leier: Ninke Olivier   

Epos: ninkevdwatt@gmail.com

Lede:

Dewald Olivier

D’Niël Steynvaardt

Bemarking is baie meer as net advertensies.

Wanneer die Gemeente bemark, verkondig ons eerstens die Evangelie van Jesus Christus.

Die doel van alles wat ons bemark, is om aan God die eer te gee en mense te oortuig dat Jesus leef. As ons iets vir God doen, dan gee ons ons beste, daarom word besondere klem gelê op professionele werk wat getuig van smaakvolheid en kreatiwiteit. Nie vir ons eie eer nie maar om by te dra tot die eer van God.

Hierdie bemarking van die Gemeente, en -aktiwiteite vind op verskeie platforms, veral deur die internet en sosiale media, plaas.

Ons uitgangspunt is dat wanneer mense ‘n positiewe beeld van die kerk kry, hulle ook ‘n positiewe beeld van Christus sal kry.

Bemarking is ons getuienis na die wêreld en daarom is evangelisasie nou verweef met hierdie werk.

Ons bemarking maak uiteindelik vir ons deure oop na mense se harte.