Leier: Cindy Olivier
Epos: cindyo@uj.ac.za
Lede:
Anschke van der Watt
Annet Vermaak
Karen Grové
Lynn Scannel
Estelle Germishuizen
Melissa Nel
Sarah-J Hinsch
Lorraine Adelfang
Celeste Willemans
Danell Robbertse
Die bediening is hoofsaaklik verantwoordelik vir die bemoediging van lidmate in geestelike en emosionele nood wat veroorsaak kan word deur siekte, pyn, verlies, hartseer, en ander fisiese omstandighede.
Die werk van die bediening behels die kontak maak deur afsprake en besoeke aan lidmate wat in nood is of behoefte het aan geestelike gesprek, asook hospitaalbesoek, insluitend beradingsessies wat by die kerkgebou gereël kan word.
Lidmate word ook bemoedig deur elke jaar ‘n gelukwensing te ontvang met hul verjaardag op die amptelike WhatsApp groep.
Die weeklikse blommetjieprojek, genaamd: Groeiende Gebede, sorteer ook onder hierdie bediening. Elke Sondag word twee plantjies beskikbaar gestel aan die Gemeente om uit te deel aan mense wat bemoediging nodig het en hierdie geskenke is ook simbolies van ons gebede vir daardie persoon.
Die bediening werk nou saam met die Gebeds- en Barmhartigheidsbediening en sal ook oorvleuel met ander bedienings waar opleiding en lering oor lyding, vergifnis en ander onderwerpe moet plaasvind.
Dit sluit ook nie groepbesprekings oor spesifieke onderwerpe uit nie.
