BOTTOMLESS JEUG

Leier: JP Steynvaardt              

Epos: jp.steynvaardt85@gmail.com

Lede:

Cindy

Anschke

Tiaan

Die Tiener Jeug is in ‘n unieke fase van hul lewens en tydens hierdie tydperk is dit krities noodsaaklik om hulle te bedien met suiwer waarheid, op ‘n wyse wat relevant is vir hul leefwêreld.

Dit is ‘n oorgangsfase van kind tot volwassenheid en hulle het iemand nodig wat hulle hierdeur kan begelei en vir hulle rolmodelle kan wees van gelowige volwassenes in die hedendaagse wêreld.

Bedienaars onder ons Tieners moet vertroud wees met die leefwêreld van ons kinders, bereid wees om verhoudings met hulle te bou, en op ‘n entoesiastiese en kreatiewe manier  in staat wees om hulle te bedien met kennis, en te begelei om in te skakel in die bediening van die kerk.

Ons fokus op jongmense vanaf 13 jarige ouderdom.

Hulle word op Sondae bedien d.m.v. allerlei aktiwiteite, sosiale media en byeenkomste, asook gedurende ander dae van die week.