Leier: JP Steynvaardt
Epos: jp.steynvaardt85@gmail.com
Lede:
Annett Vermaak
Jurie van Niekerk
Philip Robbertse
Kobus Robbertse
D’Niël Steynvaardt
Mariki van der Merwe
Die Gemeente bestaan nie in die eerste plek ter wille van onsself nie maar ter wille van ‘n wêreld wat verlore gaan.
Die groei van die Gemeente is direk afhanklik van wat God in mense se lewens doen deur die kragtige inwerking van Sy Gees.
Daarom is dit ons begeerte dat die Gemeente sal groei, nie primêr met mense wat van ander kerke af kom nie, maar met mense wat vanuit die wêreld gered word en vir die eerste keer gelowig word.
Die doel van hierdie bediening is om metodes te vind waar ons as Gemeente meer effektief met ongelowiges te doen kan kry, die evangelie kan kommunikeer en mense kan help om deel te word van die Liggaam van Christus.
Om dit te kan doen het ons nodig om lidmate toe te rus deur opleiding en geleenthede te skep waar ons prakties die goeie nuus met mense kan deel.
