GEBEDSBEDIENING

Leier: Jurie van Niekerk

Epos: juriestie@lantic.net      

Lede:

Jurie van Niekerk

Estie van Niekerk

Kobus Robbertse

Anschke van der Watt

Hennie van der Watt

Hedley Prinsloo

Hierdie bediening word beskou as die enjinkamer van die Gemeente en daarom neem ons verantwoordelikheid om vir al die aktiwiteite in die Gemeente te bid.

Lidmate word ook aangemoedig om gebedsversoeke deur te stuur sodat intens ingetree kan word vir spesifieke sake.

Lands- en wêreldgebeure word ook voor die voete van God gelê, en so word die Gemeente deel van God se werk oor grense heen.

Die bediening neem ook die verantwoordelikheid om geleenthede te reël waar gelowiges bewus gemaak word, opgelei word en betrokke gemaak word by gebed.

Ons moedig ook lidmate aan om die verhoring van gebede deur te gee sodat getuienisgeleenthede in eredienste gereël kan word.