KINDERBEDIENING

Leier: Anschke van der Watt

Epos: anschke777@gmail.com

Lede:

Tersia van der Merwe

Danell Robbertse

Melissa Nel

Melissa Barnard

Marietjie van der Merwe

Rolin Rall

Celeste Willemans

Marinda Blignaut

Die kinders is die toekoms van die kerk en as die kerk van Jesus Christus ‘n gesonde toekoms wil hê, moet besondere aandag aan hulle geskenk word.

Deur die kinderbediening belê die Gemeente in die toekoms van die kerk, en nie noodwendig net in die toekoms van ons eie Gemeente nie want baie van die kinders verhuis uiteindelik na ‘n geestelike tuiste waar hul leefwêreld hul neem.

Op hierdie manier berei die Gemeente ons kinders voor vir die wêreld daar buite en dra ons ook die evangelie en die suiwer leer van die Bybel uit na die wêreld.

Dit behels dat die kinders tot en met die ouderdom van 12 jaar op kreatiewe en ouderdomgerigte maniere die basiese waarhede van die Bybel geleer word. Dit vind hoofsaaklik plaas op Sondae tydens die erediens, waar die kinders in aparte lokale vergader met ‘n volwassene wat hulle leer en begelei.

Hierdie geleenthede is nie bedoel om kinders net besig te hou en te laat speel nie.

Spesifieke lesse word voorberei en doelgerigte onderrig word op ‘n kreatiewe wyse aangebied.