KLANK EN PROJEKTOR BEDIENING

Leier: JP Steynvaardt

Epos: jp.steynvaardt85@gmail.com

Lede:

André de Klerk

Wayne Hinsch

Hennie du Preez jr.

JP Steynvaardt

Hierdie bediening behartig die beheer en meng van die klank op ‘n Sondag, ongeag of die orkes aan diens is, of nie.  

Dit sluit in, die opstel van klanktoerusting, asook die speel van agtergrondmusiek voor- en na die eredienste.

Die skyfies wat vertoon word deur die projektor tydens die afkondigings en tydens eredienste sorteer ook onder die toesig van hierdie bediening alhoewel dit opgestel en deurgestuur word deur die betrokke leraar.

Diens word gedoen volgens ‘n rooster wat opgestel word om te verseker dat lede ook geleentheid kry om saam met hul gesinne en familie in die erediens te sit.