VERWELKOMINGSBEDIENING

Leier: Christelle Prinsloo

Epos: christellep@hatfieldgroup.co.za

Lede:

Wanneer ‘n besoeker vir die eerste keer by ‘n Gemeente opdaag kan dit baie intimiderend wees.

Om hierdie rede vind ons dit nodig dat spesifieke persone aangewys word om besoekers en nuwelinge vriendelik te verwelkom. Hierdie eerste kontak is nodig om nuwelinge te laat tuis voel en ‘n oop kanaal te skep vir verdere opvolg.

Dit is ook nodig om inligting oor die Gemeente te oorhandig en lidmate in hierdie bediening moet in staat wees om die vrae van besoekers te kan beantwoord en hulle te help om gemaklik te voel in die erediens en ook later in die kuierarea.

Die res van die Gemeente kan op ‘n spontane wyse ook in hierdie area behulpsaam wees deur bv. nie net altyd net met eie familie en vriende te kuier nie, nie ingange blokkeer deur in groepe te vergader nie en op die uitkyk te wees vir nuwelinge wat onseker is oor die ligging van toilette, kinderklasse ens. nie.

Hier het die lede van die bediening ook die taak om die res van die Gemeente tou wys te maak deur hul voorbeeld.

Die bediening werk nou saam met die Bemarkingsbediening ten einde ook gedrukte materiaal te ontwerp waarmee die Gemeente aan besoekers bekend gestel kan word.